Die organiseerders van die Olimpiese Spele wat vanjaar in Parys aangebied word, staal hulle vir ’n aansienlike toename in kuberaanvalle in Frankryk as gevolg van dié sportskouspel.
Misdaadsindikate, aktiviste en state kan die grootste bedreigings tydens die Spele (26 Julie tot 11 Augustus) en ook die Paralimpiese Spele (28 Augustus tot 8 September) inhou.
Organiseerders van die Spele, wat hand aan hand met die Franse nasionale agentskap vir inligtingsekuriteit (ANSSI) sowel as die kuberveiligheidsmaatskappye Cisco en Eviden werk, wil die impak van kuberaanvalle probeer beperk.