Los ons skole uit of ons help julle nie verder met dienslewering nie.
Dit is die ultimatum wat die vakbond Solidariteit en AfriForum Vrydag aan adj.pres. Paul Mashatile gestuur het om hul woede oor die omstrede Bela-konsepwet uit te druk.
Solidariteit en AfriForum is ontevrede omdat die wetsontwerp, wat dié week in die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is, aan provinsiale onderwyshoofde seggenskap gee oor skole se toelatings- en taalbeleid.