Moenie stilhou nie.
Dit is die pleidooi van die polisie en die burgerregteorganisasie AfriForum aan motoriste ná ’n toename in spykerlokvalle waar bendes gewapende rowers ysterspeke en klippe op hoofroetes in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes pak.
Sodra motoriste stilhou om na die skade aan hul voertuig te kyk, word hulle deur gewapende rowers oorval en beroof en in van die mees onlangse voorvalle is mense vermoor.