Dit blyk potvisse gebruik ’n soort “fonetiese alfabet” en dat hul kommunikasie baie meer gesofistikeerd is as wat wetenskaplikes voorheen gedink het.
Nuwe navorsing toon daar is selfs ooreenkomste tussen die kommunikasiestelsel van potvisse van die oostelike Karibiese Eilande en taal.
Potvisse (Physeter macrocephalus), die grootste tandwalvis, kommunikeer deur klikgeluide wat amper soos morsekode klink. Wetenskaplikes verwys na hierdie klikgeluide as kodas.