Deel

Maak gereed om die taal waarin jy leef te vier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Op 8 Mei 1925 is Afrikaans as amptelike taal erken en sedertdien het dit aanhou groei.
Op 8 Mei 1925 is Afrikaans as amptelike taal erken en sedertdien het dit aanhou groei.
Afrikaans100 logo



Makietie, partytjie, fiësta, jollifikasie, jubel en jolyt. Dans ’n riel en skreeu “balke toe”! Awê, masekinners, dis tyd om die mooiste, mooiste taal te vier.

Afrikaans se geskiedenis is lank en kleurryk. Die vroegste Afrikaans-Hollands het uit die mond van die Khoi gekom en die eerste geskrifte in Afrikaans was godsdiensonderrig wat slawekinders in 1807 in Arabiese letters geskryf het.

Sy kom van ver af, dié taal van ons. Soms was die pad glad, ander kere was daar ’n hobbel of vier. Maar staan het sy bly staan en groei het sy bly groei.

“Afrikaans is sag soos ’n vrou. Afrikaans kan ook hard wees soos ’n grondpad. Afrikaans is ons ma en ook ons kinders. Afrikaans is Hollands bruingebrand deur die Afrikason, gesnoei en vaartbelyn gemaak deur jare van sensuur en swaarkry. Maar die vet jare lê nog voor. Kyk, hiervan is ek die sprekende bewys,” het Koos Kombuis eens in ’n toespraak gesê.

Op 8 Mei 1925 is Afrikaans as amptelike taal erken. In die sensus van 2022 word bevestig dat Afrikaans die derde grootste taal in die land is met meer as 6,5 miljoen moedertaalsprekers.

’n Eeufees moet gevier word. Vandag, 8 Mei, begin die opbou na 8 Mei 2025 waar die 100ste jaar amptelik en behoorlik by die Taalmonument in die Paarl gevier gaan word.

Afrikaans 100
René Arendse, die nasionale adjunkkoördineerder van Afrikaans Amptelik 100.

Om ’n diverse gemeenskap van mense wat lief is vir Afrikaans in al haar variëteite te verenig, haar hele verlede te erken en saam eienaarskap te neem vir haar toekoms, is deel van Afrikaans Amptelik 100 se visie. Versoening, verering en ’n viering vir almal wat die taal in al sy vorme praat – dit gaan ’n inklusiewe feesjaar wees wat alle Afrikaanssprekendes gelyke geleentheid gaan bied om deel te word van die fees. Vir Afrikaans Amptelik 100 is elke Afrikaanssprekende se rol in die voortbestaan van Afrikaans belangrik en gaan dit gevier word.

Van nou tot dan is daar verskeie projekte en aksies om hierdie groot mylpaal te vier. Die belangrikste van alles is dat almal se Afrikaans gevier gaan word – van Standaardafrikaans tot Kaapse Afrikaans, van Gariep-Afrikaans tot Afrikaans noord van die Oranjerivier. Afrikaans as taal is ’n huis met baie kamers en dit is juis daardie diversiteit en kragtigheid wat gevier gaan word.

Deel van die span wat Afrikaans Amptelik 100 lei, is Giep van Zyl, die nasionale koördineerder, en René Arendse, die nasionale adjunk-koördineerder, asook medewerkers en vennote wat ’n wye spektrum van die Afrikaanse taalgemeenskap verteenwoordig.

“8 Mei 1925 sal onthou en herdenk word as een van die mylpale in die geskiedenis van die relatiewe jong Afrikataal,” sê Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmonument en -museum.

“Die vraag is egter vir wie en wat? Afrikaans se amptelike eeufeesvieringe bied die geleentheid en platform om die diverse oorsprong en wortels van die Afrikataal te herontdek, te vier en te herbesin oor haar verlede, hede en toekoms; om erkenning te gee aan die ontwikkeling van Afrikaans op ’n holistiese vlak as spreektaal en ’n dialoog te voer oor heersende vraagstukke en kwessies en die talle ongemaklike vrae. Voorts bied die vieringe ook die geleentheid vir die herposisionering van Afrikaans as inheemse taal binne ’n vernuwende, moderne, veeltalige Afrikakonteks.”

Meer inligting oor onder meer die projek as geheel, die missie en visie, asook die vennote wat reeds die manifes geteken het en só hul ondersteuning gegee het, is te kry by afrikaans100.org. Indien jy as individu, instansie of besigheid betrokke wil raak, besoek die webtuiste en ondersteun dié veldtog deur die aanlyn vorm te voltooi. Of stuur gerus e-pos na info@afrikaans100.org. Almal is welkom!

Vyf vrae aan René Arendse

Hoekom is hierdie viering belangrik?

Almal staan voor die skryf van ’n nuwe geskiedenis. Hierdie viering merk ’n tyd in die geskiedenis van ons taal waar almal wat haar praat die pen in die hand kan hou en kan begin skryf aan die volgende honderd jaar. Hierdie viering moet gesien word as ’n mylpaal binne die bestaan van ons taal en ’n geleentheid om die lig te skyn op hoe ver sy gekom het; dat sy baie langer as 100 jaar bestaan en dat sy almal se taal is.

Wat is volgens jou Afrikaans se grootste mylpaal?

Dat sy as ’n warm kombuistaal begin het, bly groei het en selfs deur die misbruik daarvan behoue gebly het. My taal se grootste mylpaal is dat sy nog steeds sterk staan. Sy is vrygewig en sy is steeds my moedertaal.

Wat is jou gunsteling-sêding in Afrikaans?

Jislaaik, ek het ’n hele klomp! Van awê tot klopdisselboom. Hoe kan ek kies?

Hoe lyk Afrikaans se toekoms?

Dit lyk soos die mooiste lappieskombers wat ons omvou. Statistiek wys dat die grootste groep Afrikaanse sprekers jonger as 25 jaar oud is. Dít maak my opgewonde!

Suid-Afrikaners, en Afrikaanses, is plesierige mense. Hoe sal jy graag wil sien moet hulle Afrikaans se eeufees as amptelike taal vier?

Dat elkeen op hul unieke manier Afrikaans as ’n veelkleurige en inklusiewe taal se eeufees sal vier. Dat ons van die Bo-Kaap tot die uithoeke van Musina ’n groot makietie kan hou waartydens almal wat lief is vir Afrikaans, hande kan vashou en die volgende honderd jaar saam begin.

Afrikaans Amptelik 100 se visie en missie

Om ’n diverse gemeenskap van mense wat lief is vir Afrikaans in al haar variëteite te verenig, haar hele verlede te erken en saam eienaarskap te neem vir haar toekoms.

’n Inklusiewe feesjaar wat alle Afrikaanssprekendes gelyke geleentheid bied om deel te word van die fees en die belangrikheid van elke Afrikaanssprekende se rol in die voortbestaan van Afrikaans uit te lig.

Afrikaans se honderdjarige bestaan as amptelike taal word in al haar diversiteit en in alle kontekste gevier:

  • Deur die ruimhartigheid van Afrikaans op nasionale en internasionale vlak aan almal wat betrokke wil wees, asook dié wat onverskillig staan, te illustreer.
  • Deur almal wat lief is vir Afrikaans te inspireer om haar sterkpunte en goeie hoedanighede te vier.

Verder erken en vier hulle ook:

  • Afrikaans se diversiteit.
  • Afrikaans se verskillende maar versoenbare kontekste.
  • Die taal se ontstaansgeskiedenis en al haar positiewe mylpale in ’n groot verskeidenheid omgewings.
  • Platforms wat geskep word vir gesonde debat oor die ontstaansgeskiedenis en die toekoms van Afrikaans.
  • Afrikaans se toekomsgerigtheid en voortgesette groei.
  • Afrikaans se konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Hulle moedig alle Afrikaanse organisasies, die media, skole, tersiêre instellings en individue aan om die geleentheid op eiesoortige wyse te vier, maar met die gekoördineerde identiteit van Afrikaans Amptelik 100.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.07
+0.7%
Rand - Pond
22.94
+1.5%
Rand - Euro
19.64
+1.7%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.6%
Rand - Jen
0.12
+1.4%
Platinum
1,094.50
0.0%
Palladium
1,011.50
0.0%
Goud
2,414.40
-0.1%
Silwer
31.49
+0.1%
Brent-ruolie
83.98
+0.9%
Top-40
73,214
0.0%
Alle aandele
79,531
+0.0%
Hulpbronne 10
63,559
+2.2%
Industriële 25
110,578
-1.0%
Finansiële 15
17,183
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos