Deel

Van sand en see tot berg en Bosveld – daar is ’n ATKV-oord vir elke luim

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bespreek nou jou vinnige wegbreek of welverdiende vakansie by een van die ATKV-oorde.
Bespreek nou jou vinnige wegbreek of welverdiende vakansie by een van die ATKV-oorde.

ATKV-oorde logo



Het jy lus vir ’n lekker wegbreek maar weet nie waarheen om te gaan nie? Oorweeg gerus een van die verskeie ATKV-oorde landwyd.

ATKV-Buffelspoort is jou koelste kampplek in die kontrei

ATKV-Buffelspoort
ATKV-Buffelspoort
ATKV-Buffelspoort
ATKV-Buffelspoort

Is jy opsoek na die volmaakte gesinsvakansie? Gevul met aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede?

ATKV-Buffelspoort is die koelste kampplek in die kontrei en is minder as ’n uur se ry van sowel Pretoria as Johannesburg – net ’n klipgooi weg van die wêreldbekende Sun City.

Buffelspoort is die ATKV se alomgeliefde Bosveld-kuierplek en spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en aktiwiteite soos wipmatte, put-put, ’n waterglybaan, vlugbal, muurbal en nog vele meer.

Hierdie oase in die Magaliesberge bied verder ook verskillende soorte selfsorgverblyf vir elke smaak, soos die rondawels, Magalies-villas, asook ’n verskeidenheid woonstelle om van te kies.

Benewens die vierbed-tenthuise het die oord ook ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of op gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en ’n braaiplek. Daar is ook uitstekende opwas- en ablusiegeriewe beskikbaar.

Waarvoor wag jy? ATKV-Buffelspoort is die ideale plek vanwaar jy die magdom toeristebestemmings in die omgewing kan verken. Dit streef daarna om ’n huis-weg-van-die-huis vir almal te wees.

Haak die karavaan en kom span uit by ATKV-Buffelspoort!

Skakel die oord by 014 572 1000 of bespreek hier. Volg ook die oord op Facebook of Instagram

ATKV-Klein-Kariba is jou alles-in-een vakansiebestemming

ATKV-Klein-Kariba
ATKV-Klein-Kariba

Droom jy van ’n Bosveldvuur en ’n rustige aand onder die sterre?

ATKV-Klein-Kariba is jou alles-in-een vakansiebestemming. Dit is sowat 90 minute se ry van Johannesburg af, net buite Bela-Bela in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Klein-Kariba is die ATKV se avontuur-oord en spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en aktiwiteite soos trapbootjies, perde, vierwielmotorfietse, put-put, ’n waterglybaan, staproetes en nog vele meer.

Hierdie pragoord bied ook natuurlik ’n wye verskeidenheid bekostigbare verblyf vir almal, soos die berghuise, houthuise, vishoekhuise, ’n verskeidenheid woonstelle om van te kies, jeugtente vir groepsverblyf, gewone tente vir families, hotelkamers en kampering.

ATKV-Klein-Kariba is een van die mees gesogte vakansiebestemmings in Suid-Afrika. As jy ruskans kort, en op soek is na ware Bosveld-gasvryheid, is dit jou antwoord.

Wegkom was nog nooit so maklik nie. Kom skop jou skoene uit en geniet die ruskans saam met jou geliefdes.

Skakel gerus die oord by 014 736 9800 of bespreek aanlyn. Volg ook die oord op Facebook en Instagram

Die berge roep by ATKV-Drakensville

ATKV-Drakensville
ATKV-Drakensville
ATKV-Drakensville

In die hartjie van die Drakensberge, skaars ’n klipgooi van Harrismith en Bethlehem, omring deur die lowergroen KwaZulu-Natalse landskap lê een van die juwele in die ATKV se kroon, ATKV-Drakensville.

ATKV-Drakensville, ’n teater van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese bakens en bied maklike toegang tot talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Die oord het verskeie soorte verblyf, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, asook ’n kitskos-, koffie- en geskenkwinkel. Die natuurskoon hier is genoeg rede om besoek af te lê, en ywerige voëlkykers sal ook ’n fees hê met al die voëls wat net hier voorkom.

As jy rusteloos raak, is daar baie dinge om in die omgewing te doen. Besoek die Koninklike Natalse Nasionale Park, die Drakensberg- ondergrondse hidrokragstasie, Kerkenberg, die Retiefpas, en die Kaalvoetvrou of die Spioenkop-slagveld en -natuurreservaat.

Kom beleef die stilte en rustigheid van ’n lowergroen Natal, terwyl jou kinders hul gate uit kan geniet by die swembaddens of op die glybaan, of die oord op hul fietsies kan platry. Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, ’n suksesvolle konferensie of ’n uitmuntende spanbouprogram.

Klik hier om te bespreek vir jou volgende vakansie in die Drakensberge. Volg ook die oord op Facebook en Instagram

ATKV-Eiland Spa, ’n diamant in die Laeveld

ATKV-Eiland Spa
ATKV-Eiland Spa
ÀATKV-Eiland Spa
ATKV-Eiland Spa
ATKV-Eiland Spa

Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Eiland Spa is die regte medisyne om jou te laat vergeet van die stad.

Terwyl die temperature in die res van die land in die winter skerp daal, is Limpopo se weer feitlik heeljaar warm. Dus is ATKV-Eiland Spa die ideale winterwegbreek vir die hele gesin.

Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer. Dit, plus die uiteenlopende natuurskoon, het gesorg dat dié oord een van die gewildstes in Suid-Afrika is. Daar is ’n verskeidenheid selfsorgverblyf, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, asook ’n helende hidrospa.

Die rustige Bosveld-atmosfeer, die warm water en soel aande laat jou volledig ontspan. Die natuurskoon, met die wildsbokkies wat tussen die gaste rondbeweeg, bring ’n ander dimensie. Vir mense wat die omgewing wil verken, is die Krugerwildtuin net ’n klipgooi vanaf die oord. Besoek gerus ook Wegraakbosch, ’n organiese suiwelplaas, die Agatha-krokodilplaas en die Kinyonga-reptielsentrum.

Ervaar die Laeveld-diamant in sy volle glorie. Die rustigheid kalmte en vreedsame stilte van die omgewing mag jou dalk net verras. 

Bespreek jou verblyf hier. Volg ook die oord op Facebook en Instagram.

Die see op jou voorstoep by ATKV-Natalia-Strandoord

ATKV-Natalia
ATKV-Natalia
ATKV-Natalia

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia-Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water. Dit is ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Die verblyf by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spoggeriewe. Benewens al die ontspanningsgeriewe by die oord, is Natalia net ’n klipgooi van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Dis die lekkerte van KwaZulu-Natal se kus: dit is warm genoeg sodat jy amper heeljaar kan swem. Maar ATKV-Natalia bied selfs meer as net ’n swemstrand.

Daar is niks lekkerder as om ná ’n dag op die strand verder in die verhitte swembad te ontspan nie. Dan volg ’n middagslapie, en dan terug na die swembad waar jy ’n vuurtjie by die ingeboude braaiplek kan aansteek. Die kleinspan kan aanhou baljaar, want daar is ook springmatte en ’n minigholfbaan.

As jy nie self wil kosmaak nie, is daar die oord se restaurant, Kits Koswerf, se bobaasgeregte om te proe.

Daar is heelwat besienswaardighede naby die oord vir diegene wat rooimiere het. Net ’n paar meter se stap van die hoofhek is daar byvoorbeeld ’n pragtige kwekery, terwyl Durban se uShaka Marine World, die promenade, hawe en ’n halfdag-stadstoer alles net ’n halfuur se ry weg is.

Kom swem daai sorge weg. Bespreek hier en gee jouself die rus wat jou toekom. Volg ook die oord op Facebook en Instagram

Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap by ATKV-Goudini Spa

ATKV-Goudini Spa
ATKV-Goudini Spa
ATKV-Goudini Spa
ATKV-Goudini Spa
ATKV-Goudini Spa

Ontspan in die hartjie van die Bolandse berge by ATKV-Goudini Spa. Kom bly in hulle luukse Slanghoek Villa Tipe A, hul vyfbed-rondawels, of neem een van die rustige kampeerplekke.

ATKV-Goudini is skaars ’n uur van Kaapstad. Hier, omring deur berge, vind jy helende mineraalbaddens om in te ontspan, en vir die kleingoed is daar ’n oorvloed van pret dinge om te doen.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgverblyf, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Aktiwiteite by die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens, ’n warmwaterglyplank, tennis- en vlugbalbane, asook ’n speletjieskamer en staproetes in die natuurskoon.

Ontsnap van die daaglikse spanning by dia spa, of geniet die wynkelders in die omgewing, soos Badsberg, Slanghoek, Du Toitskloof, Goudini en Opstal.

Vir die avontuursoeker is daar ’n verskeidenheid aktiwiteite om van te kies, van die binnenshuise en buitenste verhitte swembaddens tot mini-gholf, vlugbal, staproetes en bergfietsroetes.

Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap deur hier te bespreek! Volg die oord op Facebook en Instagram

ATKV-Hartenbos, die ATKV se vakansieparadys

ATKV-Hartenbos is jou tuiste langs die Tuinroete wat sakpas-gesinsvakansies by die see moontlik maak.

Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van die George-lughawe.

By ATKV-Hartenbos word elke gas deur pragtige natuurtonele en met ongekende gasvryheid verwelkom. Dit is daarom geen verrassing dat hierdie oord as die ATKV se vakansieparadys bekendstaan nie.

Asof die natuurskoon nie genoeg rede is om die Tuinroete jou keuse vir ’n wegbreek te maak nie, spog ATKV-Hartenbos ook met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite soos ’n pretpark, mini-gholf, Koswerf-restaurant en nog vele meer. Hartenbos dien ook as die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.

Hierdie pragoord bied verder ook verskillende soorte selfsorgverblyf, soos die rondawels, strandhuise en verskeie luukse verblyfopsies – en spog ook nou selfs met opgegradeerde vier-bed eenhede by die rivieroewer.

Dié eenhede is elk toegerus met lugversorging, ’n groter leefruimte, nuwe meubels, instapstorte en twee induksieplate en ’n oond.

Benewens ’n verskeidenheid van verblyfopsies, waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie, is die oord ook ’n uitsoekplek vir ’n heerlike woonwavakansie. Die magdom kampeerstaanplekke tot jou beskikking is elk toegerus met ’n kragpunt, met ’n keuse van see-uitsig of nie.

As jy ’n ruskans kort en op soek is na vars seelug en branders wat so te sê op jou voorstoep breek, is dit jou antwoord.

Neem ’n wegbreek na jou tuiste langs die Tuinroete en kom geniet bekostigbare Mosselbaai-pret.

Skakel die oord by 044 601 7200 of bespreek aanlyn. Volg ook die oord op Facebook en Instagram


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.27
+0.7%
Rand - Pond
23.16
-0.0%
Rand - Euro
19.88
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Platinum
1,064.91
+2.6%
Palladium
1,011.74
+2.9%
Goud
2,387.48
+1.3%
Silwer
29.67
+3.7%
Brent-ruolie
82.38
-1.2%
Top-40
73,142
+1.1%
Alle aandele
79,362
+0.9%
Hulpbronne 10
62,869
+0.7%
Industriële 25
111,377
+0.8%
Finansiële 15
17,074
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos