Die myngroep Glencore oorweeg ook nou ’n aanbod vir Anglo American, het twee bronne aan Reuters gesê.
Dit kan ’n bodoorlog ontketen vir die beheer van die 107 jaar oue mynmaatskappy wat deur sir Harry Oppenheimer in Suid-Afrika begin is.
Glencore het Anglo nog nie genader nie, het een van die bronne gesê. Die gesprekke is net intern en voorlopig in hierdie stadium en gaan nie noodwendig tot ’n aanbod lei nie.