Suid-Afrika se 4x400 m-mansaflosspan keer met ’n silwermedalje terug van die Wêreld-aflosbyeenkoms wat die naweek in die Bahamas gehou is.
Selfs al was Wayde van Niekerk nie Maandagoggend vroeg (SA tyd) in die eindronde in aksie nie, het Gardeo Isaacs, Zakithi Nene, Matt Nortjé en Lythe Pillay genoeg in die tenk gehad om tweede in 3:00.75 te eindig.
Botswana se viertal van Busang Collen Kebinatshipi, Letsile Tebogo, Leungo Scotch en Bayapo Ndori het in 2:59.11 goud verower en ook die vinnigste tyd tot dusver vanjaar aangeteken.