Max Verstappen en Red Bull se heerskappy die afgelope paar jaar in Formule Een-wedrenne het Sondagaand in die Miami Grand Prix op die Miami International Autodrome in Florida tot ’n einde gekom.
Die Grand Prix, die sesde in vanjaar se reeks, is deur Lando Norris (McLaren) gewen wat Verstappen, die huidige wêreldkampioen, van ’n vyfde oorwinning vanjaar ontneem het.
Norris was eerste, Verstappen tweede, Charles Leclerc (Ferrari) derde, Carlos Sainz (Ferrari) vierde, Sergio Perez (Red Bull) vyfde en Lewis Hamilton (Mercedes) sesde.