Agt mense is beseer toe ’n polisielid glo beheer oor ’n Njala-polisievoertuig in Bloemfontein verloor het en die voertuig omgeslaan het.
Sers. M.P. Kareli, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het by navraag bevestig die Njala-pantservoertuig het Donderdag omstreeks 10:45 in McGregorstraat in Ooseinde omgeslaan.
Volgens Kareli het die bestuurder van die Njala na bewering beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het en op sy sy beland het.