Duikers het Woensdag die lyke van twee werkers in ’n bakkie onder die water tussen stukke beton en staalrommel van die Francis Scott Key-brug gekry.
Nog vier konstruksiewerkers word vermis nadat die brug, geleë in die Baltimore-hawe in die Amerikaanse deelstaat Maryland, Dinsdag ineengestort het nadat ’n swaar gelaaide vragskip daarteen gebots het.