Die meerderheid Suid-Afrikaners het die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) op groot skaal landwyd verwerp, maar die ANC ignoreer dit eenvoudig in die parlement, sê die ACDP.
“Die vraag wat Suid-Afrikaners hulself moet afvra, is: In wie se belang regeer die ANC? Regeer hulle in belang van ouers en kinders, of ter wille van eksterne belange?” het Marie Sukers, ACDP-LP, Vrydag gesê.
Sukers en LP’s van die DA en VF Plus het dié omstrede wetsontwerp uit die staanspoor in die parlementêre sittings hewig teengestaan.