Deel

Geniet Paasfees in die Tuin dié Paasnaweek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie.
Foto: iStock/Getty Images

Jeffreysbaai-toerisme, in samewerking met Fountains Mall, bied op Sondag, 31 Maart, ’n opwindende gesinsvriendelike Paasfees in die Tuin by Die Werf by Fountains Mall aan – propvol vermaak en lekkernye vir almal om te geniet.

Die hekke open om 10:00. Gesinne word genooi om hul piekniekkomberse, stoele, en sambrele saam te bring vir ’n ontspanne dag in die buitelug. Vir die jongspan is daar ’n gratis springkasteel om hulle te vermaak terwyl die volwassenes ontspan.

Vir diegene wat verkies om nie hul eie piekniekmandjie saam te bring nie, is daar ’n verskeidenheid kos- en koffiestalletjies beskikbaar om almal se smaakpapies te bevredig.

Een van die hoogtepunte van die dag is die optrede van Marie Bosman, ’n geliefde pastoor en bekende gesig van die TV-program The Real Housewives of Pretoria. Tussen 11:00 en 12:00 sal sy ’n inspirerende boodskap deel wat nie net die gelowiges sal aanspreek nie, maar ook ’n boodskap van liefde en hoop vir almal bied.

Die program is verder ryk aan vermaak vir die hele gesin, met ’n verskeidenhied van aktiwiteite wat aangebied word reg deur die dag.

Van ’n uitstalling deur die klassieke motorklub tot musiekvertonings deur die talentvolle kunstenaars van die Hoërskool Nico Malan se Innikollig produksies en dansoptredes deur lede van die Limitless Dance Studios onder leiding van Kirstin Rossi.

En asof dit nie genoeg is nie, kom die Paashaas self die kinders besoek om 12:30 en deel paaseiers uit vir ’n ekstra dosis pret en opwinding.

Die vermaak sal voortduur tot die hekke om 15:30 sluit.

Meer inligting

Die toegangsfooi is R80 per persoon en sluit toegang tot alle vertonings vir die dag in.

Kinders onder die ouderdom van 15 jaar geniet gratis toegang, maar moet onder die toesig van ’n volwassene wees.

Van die winste sal aan die nie-winsgewende organisasie, The Ladies Lighthouse in Jeffreysbaai, geskenk word.

Besoekers word versoek om nie hul troeteldiere saam te bring nie.

Vir meer inligting, skakel Jeffreysbaai-toerisme by 042 293 2923.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.60
-0.7%
Rand - Pond
23.29
-0.0%
Rand - Euro
20.06
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Platinum
1,005.50
0.0%
Palladium
982.00
0.0%
Goud
2,359.75
-0.2%
Silwer
28.16
-0.1%
Brent-ruolie
82.79
-1.3%
Top-40
72,181
+1.2%
Alle aandele
78,464
+1.2%
Hulpbronne 10
63,450
+2.5%
Industriële 25
108,579
+0.4%
Finansiële 15
16,955
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos