Die adjunkhoof van ’n Pretoriase laerskool en sy oudste dogter, met wie hy Vrydagoggend vroeg op pad was na ’n hospitaal, is albei dood toe ’n ander voertuig teen hul voertuig gebots het.
Louwrense Badenhorst (53), adjunkhoof van die Laerskool Tuinrand in Claremont in die weste van Pretoria, en sy dogter Michelle (23) is vermoedelik op slag dood.
’n Vriendin van die familie wat Vrydagaand op voorwaarde van anonimiteit met Netwerk24 gepraat het, sê “dit is ’n reusetragedie wat die skool getref het”.