’n Verkeersbeampte is Dinsdagaand op die N2-snelweg tussen eMkhondo en Pongola in Mpumalanga doodgery.
Die 52-jarige senior provinsiale inspekteur was aan diens en saam met ’n kollega besig met roetine-verkeerswetstoepassing toe hy deur ’n vragmotor raakgery is, lui ’n verklaring deur Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid en skakeling. Sy kollega was aan die ander kant van die pad.
Die beampte is op die toneel dood verklaar en die polisie ondersoek die voorval.