Sy seun mag dalk vry wees op parool, maar hy is nie “werklik vry nie”.
So het Oscar Pistorius (37) se pa, Henke, onlangs aan Netwerk24 gesê.
Netwerk24 se fotograaf Deaan Vivier het Maandag die eerste foto’s in bykans agt jaar en die eerste sedert Pistorius in Januarie op parool vrygelaat is, van hom geneem toe hy by die departement van korrektiewe dienste (DKD) se kantoor in Pretoria aangemeld het.