"Ek is so bang in die aande, ek lê en bewe in my bed. Ek vrees dat hulle my ouers gaan doodmaak. Hulle weet wie húlle is, wie my sussie is, in watter koshuis ek is, wat my honde se name is.”
Dít het ’n skoolseun van Mpumalanga onlangs teenoor die sangeres Nadine Blom gebieg nadat hy in die kloue van aanlyn seksuele afpersers beland het.
Hy is gekul deur iemand wat hulself op sosiale media eers voorgedoen het as ’n “sexy, vroulike Matie”.