Die Nelson Mandelabaai-metro het weer sy inwoners gerusgestel en verseker dat sy water veilig is vir verbruik.
Die metro sê hy sal voortgaan om chloor by munisipale water te voeg om onder meer bakterieë, E. coli en cholera dood te maak.
“Die bromodichloor-metaanvlakke styg wanneer meer chloor byvoeg word. Ons bly vir eers egter aan die veilige kant om seker te maak dat ons nie enige uitbreking van wateroordraagbare siektes veroorsaak nie,” het Barry Martin, die munisipaliteit se direkteur vir water en sanitasie, Woensdag by die Impofudam gesê.