Deel

Kry jou lyf en gemoed gereed vir die komende winterkoue met dié 8 produkte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is agt móét-hê-produkte vir hierdie herfs. 

1. Bluum

Of dit nou PMS of menopouse is, Bluum het ’n natuurlike produk wat jou hormoonvlakke weer sal balanseer. Probeer Menopause Support om simptome soos warmgloede, nagsweet, buierigheid, tamheid en brose naels en hare te behandel. Bluum bied ook PMS Support om simptome soos krampe, buierigheid, hoofpyn, teer borste en veluitslag te help bekamp. Al Bluum se produkte is 100% natuurlik, plantgebaseerd en bevat nie hormone nie. Bestel nou aanlyn en kry  10% afslag wanneer jy die kode GESOND10 gebruik.

Besoek www.bluum.ltd vir meer inligting.

2. Watchily SmartLady

Die Watchily SmartLady is ’n slimhorlosie vir vroue met al die funksionaliteit van ’n slimfoon, soos oproepe maak en beantwoord en teksboodskappe stuur en ontvang. Dit monitor ook jou fiksheid en help jou om dit asook jou algehele welstand te verbeter. Die horlosie se slimfunksies maak dit die ideale gesondheids- en fiksheidsmetgesel. Dan wys dit natuurlik ook die tyd aan, soos dit ’n goeie horlosie betaam!

Funksies: oproepe, teksboodskappe en kennisgewings, vrouegesondheid, oefeninge, monitor jou gesondheid, battery hou 10 dae, waterbestand en meer as 100 ontwerpe om van te kies. Kry 15% afslag op jou bestelling met kode: NETWERK15

Besoek www.watchily.co.za vir meer inligting.

3. Gut Shield+ van Vitamin G Nutraceuticals

Navorsing het gewys dat beskadigde ingewande verband hou met sekere kroniese en outo-immuun-siektetoestande. Deur die voering van die ingewande gesond te maak en bakterieë te balanseer, kan siekte voorkom word en die simptome van kroniese toestande bestuur word. Vitamin G Nutraceuticals se Gut Shield+ verbeter spysvertering, bekamp inflammasie en balanseer die mikrobioom sodat gesonder vel, hare en naels verkry word. Verder verskerp dit ook die verstand, verbeter buie en ondersteun gewigsverlies. GutShield+ is deur kenners ontwikkel om maksimum voordele te lewer en doeltreffende dosisse sorg vir verbeterde inname van voedingstowwe. 

Vir meer inligting besoek vitaming.net/products/gut-shield-plus.

4. Cosrx Advanced Snail 96 Mucin Power Essence

Dié nie-olierige wondermiddel bestaan uit 96% gesuiwerde slakekskresie. Dit word maklik deur die vel geabsorbeer en laat jou met ’n gloeiende gelaat. Slakmusien kan enigiets van droë kolle tot aknee opklaar terwyl dit ook hiperpigmentasie bekamp en die vel se natuurlike elastisiteit ’n hupstoot gee. Dit is ’n alles-in-een oplossing om donker merke te bleik, die vel intensief te bevogtig en plooie te bestry. Vir meer inligting en om ’n reuse-verskeidenheid van jou gunsteling-velsorgprodukte uit Korea te koop, gaan na sevenblossoms.co.za of skakel of WhatsApp 072 112 2059 om jou bestelling te plaas.

5. SuperSmile™ 

SuperSmile™ se gevorderde droë tandbleikstrokies bevat ’n unieke en klinies bewese bleikformule waarvan die hoofbestanddeel waterstofperoksied van mediese gehalte is. Die strokies is doeltreffend, maklik om te gebruik en ontwerp vir jou gerief. Elke pakkie bevat sewe individuele bleikbehandelings. Dit kan selfs op sensitiewe tande gebruik word en dit irriteer nie die tandvleis nie. Droë strokies is ’n maklike, bekostigbare manier om jou tande by die huis witter te maak. Die dun, buigbare materiaal verseker dat dit stewig en gemaklik pas terwyl die strokies van oppervlakkige vlekke ontslae raak en die tande natuurlik bleik. Geniet ’n skitterwit glimlag vol selfvertroue. Beskikbaar in Dis-Chem-winkels landwyd. 

Besoek supersmile.co.za vir meer inligting.

6. Eco Diva Natural

Geniet gesonde vel met ’n egalige voorkoms met Eco Diva Natural se bekroonde vitamienryke weefselolie. Dié wonderolie bevogtig en voed die dieper lae van die vel en bied doeltreffende behandeling vir rekmerke, letsels, sonbrand en irritasies van die vel. Dit is ’n kragtige mengsel van plantgebaseerde vitamiene C, A en E, asook hialuroonsuur en superkos. Dié kombinasie van vel-vriendelike bestanddele sorg vir indrukwekkende resultate. Dit bied ook UVA- en UVB-sonbeskerming sodat jou vel vir langer jonk kan lyk. Dit is die perfekte toevoeging tot jou daaglikse velsorgroetine. 

Besoek www.ecodiva.co.za vir meer inligting, en volg hulle op sosiale media: @ecodivanatural.

7. MannaBrew Superfood Espresso

Geniet die smake van herfs met MannaBrew Superfood Espresso, ’n kafeïenvrye koffie-alternatief wat ontwerp is om jou sintuie te betower en jou welstand te ondersteun. Gemaak van geroosterde Prosopis-doringboompeule, bied hierdie bobaas “koffie” die smullekker smaak waarna jy soek, sonder die kafeïen! Dit beteken dat jy die koffie-ervaring kan geniet, sonder die newe-effekte van kafeïen. MannaBrew het ’n unieke smaak wat beskryf kan word as ’n mengsel tussen koffie, sjokolade, vanielje en karamel – maar die beste is om self te proe! Beskikbaar op Takealot.com

Besoek www.mannabrew.co.za vir meer inligting.

8. Terre Paisible 

Terre Paisible (wat “vreedsame land” beteken) produseer vloeiende goud in die vallei van drome in Franschhoek, kundig geskep om die natuurlike uitnemendheid van die grond te vier. Hierdie bekroonde koudgeparste ekstrasuiwer-olyfolies is die hoogtepunt van ’n voortvloeiende sinergie met die natuur waar hulle volhoubaar met Italiaanse olyfsoorte boer. Hul reeks sluit drie style in wat spesiaal geskep is om jou op jou kulinêre wedervaringe te vergesel. Elke olyf word met die hand gepluk en koud gepars om die hoogste gehalte te lewer, sonder enige bymiddels of preserveermiddels, om die natuurlike oksidante, oleïen- en linoleïensure te beskerm, wat alles bydra tot jou welstand. Terre Paisible se geur, gehalte en gesondheid is ’n móét in elke kombuis.

Besoek gerus www.terrepaisible.com vir meer inligting en bestellings. 

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
West Ham United 0
Liverpool 0
besig om te laai... Regstreeks
Zebre 0
Glasgow Warriors 0
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pond
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Goud
2,337.68
0.0%
Silwer
27.19
-0.0%
Brent-ruolie
89.50
+0.6%
Top-40
69,358
+1.3%
Alle aandele
75,371
+1.4%
Hulpbronne 10
62,363
+0.4%
Industriële 25
103,903
+1.3%
Finansiële 15
16,161
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos