Deel

Rhodes-universiteit trap diep spore die laaste 120 jaar en vier dit heeljaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Rhodes-universiteit se feesvieringe duur die hele jaar lank.
Die Rhodes-universiteit se feesvieringe duur die hele jaar lank.
Foto: VERSKAF
Logo


Deur die jare het die Rhodes-universiteit in Makhanda (voorheen Grahamstad) homself met dinge soos die eerste internetprotokol- (IP-) verbinding in SA tot ’n leerskool vir van die land se voorste akademici en joernaliste gevestig as ’n plek waarheen leiers kom om te leer.

Ter viering van 120 jaar van uitnemendheid gedenk dié Oos-Kaapse universiteit vanjaar sy ryk akademiese geskiedenis met RU120, ’n jaarlange viering as een van die land se vernaamste tersiêre instellings.

“Hierdie mylpaaljaar gee ons die geleentheid om saam te staan vir groei en volhoubaarheid, nuwe lewe in ons onderlinge verbintenis tot beter samewerking te blaas, en ons gesamentlike energie in te span om ’n nuwe toekoms vir ons instelling en sy doelstellings te herbedink,” sê prof. Sizwe Mabizela, Rhodes se visekanselier.

Die universiteit bied oor vier kwartale ’n aantal geleenthede aan om hierdie belangrike mylpaal te vier. Dit sluit die vlagskip Joernalistieksimposium in April en die historiese Nasionale Kunstefees in Junie in.

Uit die blokke

Rhodes het sy vieringsjaar in Januarie afgeskop met die Makhanda-onderwyssimposium. Daar is onder meer gekyk na innoverende onderwysstrategieë wat die plaaslike onderwyssektor in Makhanda kan bevoordeel om opvoedkundige uitkomste te verbeter.

In Maart het Paul Maylam, emeritus-professor in geskiedenis en die universiteit se langsdienende orator, die universiteit se intellektuele geskiedenis, waaronder die ontstaan van die internet in Suid-Afrika, verken. Rhodes het in die laat 1980’s die eerste Suid-Afrikaanse IP-adres ontvang, en in 1991 het ’n span studente die land se eerste IP-verbinding tussen die universiteit se rekenaarsentrum en die huis van die vroeë internetpionier Randy Bush in Portland, VSA, tot stand gebring.

Maartmaand se vieringe word heel gepas op ’n wetenskaplike noot afgesluit met die opening van die universiteit se R90-miljoen Instituut vir Nanotegnologie-gebou, waar navorsing deur die bekende wetenskapprofessor Tebello Nyokong en haar studente gedoen sal word. Onder Nyokong se vele toekennings is die Nasionale Orde van Mapungubwe (brons) vir haar uitsonderlike bydraes tot die wetenskap.

Feeskalender
  • Die 2024 Joernalistieksimposium: Vanjaar se tema is Seeds of Change: Cultivating the Future of Journalism in Africa. Daar sal onder meer gekyk word na maniere waarop joernaliste hedendaagse uitdagings kan aanpak.
  • Die ervare pianis Abdullah Ibrahim (oftewel Dollar Brand), ’n ontvanger van ’n eredoktorsgraad van die Rhodes-universiteit, sal as die hoofkunstenaar by ’n musikale vieringsgeleentheid optree.
  • Verskeie sosiale en vermaakgeleenthede word deur die loop van die jaar beplan. Danksy alles van sportfeeste tot optogte en kunsuitstallings behoort feesgangers geen tekort aan kulturele vermaak te hê nie.


    Nóg ’n belangrike opvoedkundige element wat die universiteit vanjaar wil aanraak, is historiese skuld. Dit sal gedoen word deur fondsinsamelings en beurse. Prof. Peter Clayton, voormalige adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie en projekborg van RU120, glo dit is belangrik om aandag aan sekere uitdagings in die nasionale onderwyslandskap te skenk en dié probleme daadwerklik aan te spreek.

    Die feestelikhede sal teen die laaste kwartaal van 2024 afsluit met ’n reünie van Rhodes se oudste alumni, wat skertsend na hulself as “Knocking on Heaven’s Door” verwys. Dié alumni onthou nog soos gister die demonstrasies wat hulle in die vroeë 1970’s gehou het om te eis dat swart studente by Rhodes toegelaat word, en daarom het die universiteit hierdie spesiale geleentheid heel gepas “The Final Countdown” gedoop.

    Jy hoef nie ’n enkele oomblik van die feesvierings mis te loop nie, want alles sal hier op Netwerk24 gepubliseer word. Vir verdere inligting oor al die feesgeleenthede en gesprekke wat as deel van RU120 beplan word, besoek gerus die amptelike RU120-webwerf.


    Hierdie artikel is deur die Rhodes-universiteit geborg en deur Studio24 saamgestel.

    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Rand - Dollar
    18.60
    -0.2%
    Rand - Pond
    23.22
    -0.0%
    Rand - Euro
    19.98
    -0.1%
    Rand - Aus dollar
    12.23
    -0.1%
    Rand - Jen
    0.12
    -0.1%
    Platinum
    983.85
    +0.7%
    Palladium
    959.55
    +0.3%
    Goud
    2,315.90
    +0.3%
    Silwer
    27.65
    +1.2%
    Brent-ruolie
    83.58
    +0.5%
    Top-40
    70,939
    0.0%
    Alle aandele
    77,177
    0.0%
    Hulpbronne 10
    60,903
    0.0%
    Industriële 25
    107,610
    0.0%
    Finansiële 15
    16,775
    0.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Blitsblik op ’n maatskappy

    Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

    Verkeer in jou area

    Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

    Klik om te stel
    Nuuswenke

    Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

    Stuur 'n e-pos