Net sowat ’n maand voor die algemene verkiesing is die ANC se steun ver onder 50%, volgens ’n nuwe peiling waarvan die uitslag Vrydag bekend gemaak is.
Die marknavorsingsfirma Ipsos sê in sy jongste peiling die ANC sukkel om kiesers beïndruk, met sy steun wat op 40,2% gepeil word.
Dit is effens laer as wat sy steun in Ipsos se vorige peiling in Februarie was.