Deel

Urienweginfeksies is ’n pyn, maar bosbessies kan dit help keer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Urienweginfeksies is ’n algemene kwaal onder vroue, met sowat 50 % van Suid-Afrikaanse vroue wat dit minstens een keer in hul leeftyd sal opdoen.
Urienweginfeksies is ’n algemene kwaal onder vroue, met sowat 50 % van Suid-Afrikaanse vroue wat dit minstens een keer in hul leeftyd sal opdoen.


Brand jy om te weet hoe om die ongemak van knaende urienweginfeksies (UWI’s) te voorkom? Vital Health Foods se kenners brei uit oor die voordele van bosbessie-ekstrak en hoe jy jou urienweggesondheid met Vital Cranberry-kapsules ’n hupstoot kan gee.

Urienweginfeksies is ’n algemene verskynsel. ’n Geraamde 50% van alle Suid-Afrikaanse vroue sal minstens een keer in hul lewe ‘n urienweginfeksie ervaar, terwyl 20% tot 40% herhaaldelik mag deurloop. UWI’s veroorsaak aansienlike ongemak. Die simptome sluit in pyn wanneer jy urineer, pyn in die bekken, moegheid en laerugpyn. Indien dit nie vroegtydig behandel word nie, kan ’n UWI tot ernstiger komplikasies soos nierinfeksie lei. As jy dus vermoed dat jy ’n UWI onder lede het, gaan spreek jou dokter so gou as moontlik. Die standaardbehandeling is gewoonlik voorskrif-antibiotika.

Bosbessies word al vir eeue lank as ’n gewilde alternatiewe terapie vir UWI’s gebruik. Hoewel dit nog nie bepaal kon word dat bosbessies UWI’s kan behandel of genees nie, is daar wel bewyse dat dit ’n voorkomende rol kan speel in die voorkoms en frekwensie daarvan. Die geheim van hierdie wonderbessies lê in proantosianidiene, wat keer dat aansteeklike bakterieë aan die wande van die urienweg vaskleef en sodoende infeksie veroorsaak. Die proantosianidiene in bosbessies blyk uniek te wees, aangesien dit meer doeltreffend as enige ander kossoorte is waarin dit voorkom, waaronder druiwe- en appelsap, groentee en donkersjokolade.

Urienweginfeksies moet so vroeg as moontlik behandel word om ernstiger gesondheidskwessies te verhoed.

Vier goeie redes om Vital Cranberry te gebruik

Vital Cranberry is spesiaal geformuleer om urienweggesondheid te ondersteun en UWI’s te kniehalter.

Die gesondheidsvoordele van die produk sluit in:

Vermy weerstandigheid teen antibiotika

Weerstandigheid teen antibiotika is wêreldwyd ’n groeiende bron van kommer, veral in die geval van UWI’s, aangesien dit herhalend voorkom en met breëspektrum antibiotika behandel word. Dit is moontlik dat die antibiotika wat tans beskikbaar is mettertyd minder doeltreffend kan raak namate bakteriële stamme deur mutasies verskeie slim weerstandmeganismes daarteen ontwikkel. Leefstylkeuses en die gebruik van alternatiewe terapie wat infeksies help voorkom, kan die gebruik van antibiotika verminder.

Bewerkstellig ’n gesonder mikrobioom

Faktore wat die normale vaginale mikrobioom beïnvloed, verhoog jou risiko vir UWI’s. Antibiotika teiken nie net spesifieke “slegte” bakterieë nie, maar versteur ook die groei van “goeie” bakterieë. Terwyl dit dus die onmiddellike infeksie behandel, kan antibiotika veroorsaak dat jy later meer vatbaar vir bakteriële infeksies sal wees. Deur UWI’s te verhoed verlaag jy die gebruik van antibiotika en die gepaardgaande versteuring van die mikrobioom. Dit sal jou mettertyd teen verdere infeksies beskerm.

Geniet die gerief van ’n kapsule

Navorsing toon dat 300 ml bosbessiesap per dag die ideale hoeveelheid is om urienweggesondheid te verseker. Bosbessie-ekstrak in kapsules, soos Vital Cranberry, mag egter ’n meer volhoubare langtermynopsie wees, veral vir mense wat nie van die smaak van bosbessies hou nie of suiker uit hul dieet probeer sny, aangesien die meeste bosbessiesappe in SA met suiker versoet is of verdunde appel- of druiwesap bevat.

Volledig getoets en geverifieer

Vital toets die proantosianidien-vlak van elke besending Vital Cranberry-kapsules om die gehalte van die antioksidante te verseker. Die wonderlike deel van proantosianidiene is dat die kragtige antioksidantwerking daarvan verskeie gesondheidsvoordele inhou. Dit speel ‘n rol om kanker en diabetes te voorkom en het ook neurobeskermende en antimikrobiese eienskappe. Afgesien van die belangrike rol wat bosbessies in die voorkoming van UWI’s speel, is bosbessie-ekstrak ook ’n antioksidant-aanvulling wat jou algemene gesondheid kan bevorder.

Lees hier vir meer inligting oor die produk: Vital Cranberry

Bosbessies word al vir eeue lank lank as ’n alternatiewe terapie vir urienweginfeksies gebruik.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Lions 3
Munster 9
besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 129/3
New Zealand 0
besig om te laai... Regstreeks
Kaizer Chiefs 0
SuperSport United 0
besig om te laai... Regstreeks
Wolverhampton Wanderers 2
Luton Town 1
besig om te laai... Regstreeks
Newcastle United 5
Sheffield United 1
besig om te laai... Regstreeks
Manchester United 1
Burnley 0
besig om te laai... Regstreeks
Fulham 1
Crystal Palace 0
besig om te laai... Regstreeks
Cardiff Rugby 7
Edinburgh 14
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pond
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Goud
2,337.68
0.0%
Silwer
27.19
-0.0%
Brent-ruolie
89.50
+0.6%
Top-40
69,358
+1.3%
Alle aandele
75,371
+1.4%
Hulpbronne 10
62,363
+0.4%
Industriële 25
103,903
+1.3%
Finansiële 15
16,161
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos