Deel

Of dit nou Skotland of Saron is, elke reis verloop gladder met die regte raad

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Callish Stones op die Isle of Harris wat hulle op hul padreis gesien het. Foto’s: Anne Taylor
Die Callish Stones op die Isle of Harris wat hulle op hul padreis gesien het. Foto’s: Anne Taylor

Die Stellenbosser Anne Taylor meen daar is 'n paar dinge wat jy móét weet en hê voor jy 'n reis na Skotland aanpak.

Lees hier meer oor al haar avonture.

Sy deel die wenke wat sy geleer het ná verskeie besoeke aan dié land:

- Soek vir die goedkoopste vlugte – neem in ag dat jy na Londen kan vlieg, ’n trein na Edinburg kan haal en vandaar verder kan reis.

- Kry ’n besoekersvisum vir die Verenigde Koninkryk wat vir ses maande geldig is.

- Geen gesondheidsertifikate is nodig nie.

- Soek vooraf bed-en-ontbyt-verblyfopsies.

- Pak toiletware in 100 ml-houers en sorg dat dit, saam met medikasie, sigbaar is as jy dit saam met jou in jou handbagasie dra.

- Kyk na die weerstoestande en pak klere wat jy in lae kan dra.

- Gemaklike stapskoene is noodsaaklik, asook stewels in die winter.

- Reis altyd so lig as moontlik, want minder is regtig meer.

- Pak ’n klein sambreel in – die reën val gereeld en dit kan nuttig wees.

- Vind vooraf uit of daar enige lekker gebeurtenisse plaasvind in die dorpies wat jy gaan besoek.

- As daar ’n vertoning is wat jy wil sien of uitstalling wat jy wil besoek, bespreek jou kaartjies vooraf aanlyn.

- As jy dit oorweeg om iets soos die Edinburgh Fringe te besoek, beplan en bespreek vooraf.

Die strand in Gullane waar Anne in Augustus 2022 geswem het. Gullane is ’n dorp aan die suidelike oewer van die Firth of Forth in Oos-Lothian aan die ooskus van Skotland. Daar is ook ’n negende-eeuse kerk in die dorpie.

Anne gee wenke oor vervoer, kos en plekke om te besoek

- Dit is maklik om met die trem van die Edinburg-lughawe tot in die stad te kom. ’n Retoerkaartjie vir die trem is heelwat goedkoper as eenrigting.

- Busse en trems is baie toeganklik en jy kan met jou bankkaart betaal.

- Uber is om die een of ander rede nie so toeganklik nie.

- Dit is ’n redelik kontantlose bestemming – jy kan selfs vir koffie met jou bankkaart betaal.

- Eetplekke wat sy aanbeveel: The Palmerston, Argyle Place en Honeycomb & Co. vir laat ontbyt, en The Fishermarket en Dishoom in Edinburg. “Dit is regtig maklik om kosplekke te google en ek sal ook aanbeveel dat jy vooraf bespreek.”

- As jy op Instagram is, gaan kyk gerus na die “Visit Edinburgh”-blad. Indien jy ’n TikTok-gebruiker is, is daar ook altyd “moet-besoek” inligting wat opduik

Die boekwinkels in Edinburg het leesstof te kies en keur. By Edinburgh Books, ’n tweedehandse boekwinkel wat al jare bestaan, kan jy fiksie, nie-fiksie en versamelaarsuitgawes vir jou boekrak in Suid-Afrika koop.
Anne by Greyfriars Bobby se standbeeld in Edinburg. Bobby was ’n Skye-terriër wat sy eienaar, John Gray, se graf vir 14 jaar lank getrou opgepas het. Toeriste vryf graag sy neus vir ’n bietjie geluk.
Daar was kranse op elke deur toe Anne Edinburg oor Kersfees besoek het.

Toer ook saam met vier lesers deur Kroasië en Bosnië en Herzegowina.


GEBORG

Wanneer die wanderlust jou pak en jy jou volgende reis wil begin beplan, maak gerus van hierdie diensverskaffers gebruik:

Christine van Wyk Toere

Christine van Wyk

Kjenner, connoisseur, mea’ike, znalec, tuntija, fynproewer . . .

Dit maak nie saak in watter taal jy dit sê nie: dit is uniek-eksklusief! Christine van Wyk Toere bied reeds sedert 1980 toere vir die fynproewer aan. Dié familie-onderneming heg baie waarde aan gehaltediens en toerlede getuig van toerherinneringe en -vriende wat ‘n leeftyd duur. Reis saam op onvergeetlike toere na van die mooiste plekke in die wêreld – oorsee en in Suid-Afrika.

Toerspyskaart vir die res van 2024

Ryntoer: 23 April – 3 Mei (vol bespreek)

Bootvaart Nederland en Ysselmeer: 4 – 14 Mei (vol bespreek)

Noorweë: 7 – 17 Junie

Krugerwildtuin en Panoramaroete: 5 – 11 Junie

Nederland en België,  André Rieu: 5 – 14 Julie 

Donau-bootvaart en Praag: 19 – 29 Augustus

Namakwaland en Cederbergtoer: 19 – 26 Augustus

Bootvaart in Spanje: 21 – 30 Augustus

Namibië saam met Live the Journey: 2 – 15 November

Kersfeestoer: 17 – 27 Desember

Skakel 082 377 9484 of 012 546 4967 of stuur e-pos na info@toere.co.za om jou plek op 'n toer te bespreek of vir meer inligting oor een van hierdie toere.

XL Blue Planet Travel

Blue

By XL Blue Planet Travel glo hulle reis is meer as net van een punt na ’n volgende te beweeg. Dit is eerder ’n ervaring wat jou siel verryk en jou horisonne verbreed. Of dit ’n sakereis of ’n vakansie is, hul wydverspreide teenwoordigheid verseker toeganklike en persoonlike ondersteuning.

Blue Planet Travel se span van konsultante is passievol oor hul werk en deel graag hul kundigheid om die perfekte reis te verseker. Hulle is trots op hul goeie reputasie vir uitstekende kliëntediens en besonderse aandag aan detail. Blue Planet Travel is trotse lede van al die voorste reisorganisasies, waaronder van Iata, Asata en XL Travel Konsortium, wat verseker dat jy die beste diens en ondersteuning ontvang. 

Skakel hul Kaapstad-kantoor by 021 689 6471 of hul Helderberg- en Wynland-kantoor by 021 852 9848.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
West Ham United 0
Liverpool 0
besig om te laai... Regstreeks
Zebre 0
Glasgow Warriors 0
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pond
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Goud
2,337.68
0.0%
Silwer
27.19
-0.0%
Brent-ruolie
89.50
+0.6%
Top-40
69,358
+1.3%
Alle aandele
75,371
+1.4%
Hulpbronne 10
62,363
+0.4%
Industriële 25
103,903
+1.3%
Finansiële 15
16,161
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos