Pres. Cyril Ramaphosa was Vrydag geskok oor die derduisende sinkhuisies wat oornag by die ingang van Botshabelo, sowat 54 km oos van Bloemfontein, opgeskiet het, en sê die Vrystaat het onmiddellik 47 000 nuwe huise nodig.
Ramaphosa was as deel van ’n verkiesingsveldtog in Botshabelo, waar hy aan huise se deure geklop, asbesdakke geïnspekteer en inwoners tuis besoek het om na hulle behoeftes te luister. Hy het ook groot groepe inwoners op verskillende plekke toegespreek.
“Ons gaan voort om Hop-huise te bou, maar het ook ’n plan om erwe met dienste beskikbaar te stel waarop inwoners hul eie huise kan bou. Dit lyk asof daar groot geesdrif hiervoor is.”