Deel

Inwoners ontstoke oor ‘snoei’ van bome

akkreditasie

BOME gesnoei of vermink?

Die snoei van 50 jaar-oue bloekombome in Siebertstraat deur werkers van die Kouga-munisipaliteit verlede week, het Humansdorp-inwoners warm onder die kraag.

Inwoners meen munisipale werkers het sonder kundigheid of kundige toesig dié bome verniel.

“Dit is ’n skande. Die werkers het géén idee wat hulle doen nie,” sê ontstoke inwoner Kotie Oosthuizen. wat nie tuis was toe die snoeiery begin het nie. Hy en sy vrou, Estelle, het die erg ‘verminkte’ bome met hul terugkeer die aand ontdek.

Verskeie bome voor sy huis het in die slag gebly.

“Die takke is stomp afgesaag,” sê Oosthuizen wat sy eie tuindienste besit en al vir jare die bome snoei en die sypaadjie in stand hou. “Die bome is so verniel dat dit eintlik maar verwyder kan word.

“As die boomtakke probleme veroorsaak het, aan die elektriese drade geraak het, of ’n obstruksie was, sou ek verstaan, maar dit was nie. Ek sou verkies het dat die munisipaliteit my van die snoeiery in kennis gestel het sodat ek dit òf self kon doen, òf toesig kon hou.

“As hulle toegelaat word om takke voor die voet af te kap, hoe gaan die dorp lyk? Waar is die estetiese waarde?”

Oosthuizen voel dit is ’n bestuur-en-be-heer probleem - daar is geen opleiding nie.

“Dit is nie die einde nie. Volgens ’n munispale-werker gaan nóg bome in Humansdorop gesnoei word,” sê hy.

Kouga-munisipaliteit Infrastruktuur en Ingenieursporgefeulje Raadslid Freddy Campher, sê: “Die bome is uitheems en het tot so ’n mate gegroei dat hulle aan die elektriese drade geraak het. Nie net hou dit ’n brand-risiko in nie, maar dit kan ook die elektriese infrastruktuur beskadig en tot kragonderbrekings lei.

“Daar is geen onmiddellike planne om meer bome te sny nie, maar die munisipa-liteit sal bome sny wat die elektriese infrastruktuur in gevaar stel, om sodoende kragonderbrekings te verminder.

“Die aanvanklike snoei van bome is deur die elektriese afdeling gedoen, maar die munisipaliteit se skoonmaak- en parkspan sal die werk afrond en die betrokke gebiede opruim.”

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.98
+0.2%
Rand - Pond
23.75
+0.2%
Rand - Euro
20.36
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Platinum
924.60
-0.1%
Palladium
981.50
-0.9%
Goud
2,346.01
+0.6%
Silwer
27.60
+0.6%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top-40
69,199
+1.1%
Alle aandele
75,139
+1.1%
Hulpbronne 10
62,852
+1.2%
Industriële 25
103,954
+1.4%
Finansiële 15
15,896
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos