Deel

VERONICA VERTEL | Sulke dinge en dit, verstaan jy?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie.
Foto: Ponomariova_Maria/Getty Images

“Ek was die afgelope week Kaap toe, jy weet. Die weer was so mooi, mens kan nie glo daar was onlangs vewoestende storms nie, jy weet.”

Dis maar ’n klein voorbeeld van hoe mense praat en ‘dinkwoorde’ gebruik. As radiojoernalis was dit een van die grootste irritasies om nuusmakers se dinkwoorde uit te redigeer.

As ‘n storie net twee minute lank kan wees, tel elke sekonde en elke woord moet krag dra. Dikwels word sowat dertig sekondes of meer uit ’n kort onderhoud geredigeer.

Meeste mense het maar ’n gunsteling dinkwoord. “Wat ek probeer sê” is ook ’n betekenlose frase wat in die algemene geselstrant voorkom. So iets steek vas in jou brein, en gee ’n bietjie dinktyd voordat jy verder praat.

’n Vriendin se familielid gesels lekker, en sê graag “sulke dinge en dit.” Dit gebeur natuurlik en die prater is meestal nie eers bewus van die herhalende frase nie.

Maar vir die luisteraar is dit erg lastig en jy wag as’t ware op die volgende een.

Ander sê weer “verstaan jy?” na elke sin. Aan die begin van die gesels is mense dan geneig om “ja” te antwoord, tot jy agterkom dis maar net onnadenkende woorde. Of ’n ander gebruik weer die nonsens-woorde “is jy met my?”.

Ek ken ook iemand wat sommer sê “what what what” om ’n stuk van die vertelling korter te maak. Of die woorde “en so aan” of “en so voorts”.

Nog ’n woord wat mense heeltemal onnadenkend gebruik is “ongelooflik”. Daar is wonderlike Afrikaanse woorde wat in die plek daarvan gebruik kan word, soos uitmuntend, verstommend, briljant, en manjifiek.

Dis opvallend hoe die woord “so” nou sinneloos gebruik word as ’n dinkwoord. Op radio en televisie word dit tydens onderhoude aan die begin van sinne gebruik – om bietjie dinktyd te hê.

Dan merk ek met my ‘radio-redigering ore’ hoe die woorde “nè, okey, ja en nee” ingelas word sonder betekenis.

’n Geliefde dosent, Amanda Meij, het jare gelede tydens ’n kommunikasie kursus vir onderwysstudente geleer hoe om van die gewoonte-woorde ontslae te raak.

Dit is beslis nie maklik nie, maar baie effektief.

Ons as studente moes voor in die klas staan en ’n storie vertel. Sy het agter in die klas gestaan en aandagtig geluister. Sodra jy die dink-woord gebruik, klap sy haar vingers. Eers wonder jy ‘wat makeer dan nou, wat gaan aan’, en gaandeweg besef jy dit gebeur telkens as jy dieselfde dinkwoord gebruik.

Deur die loop van jou vertelling begin jy geleidelik die dink-woord al minder gebruik omdat daar ’n bewuswording is. Die volgende dag vertel jy die storie weer, en dis verstommend hoe die lastige woord nie een keer by jou mond uitspring nie.

Dan konsentreer jy op wat jy sê.

Dit geld seker ook vir vloekwoorde. As mens bewus gemaak word van jóú dinkwoorde, en belangstel om dit uit te wis, sal dié tegniek beslis geslaagd wees.

Voor jy jou weet, begin sal jy ook dan uitluister wanneer ander mense praat en in ’n kwessie van minute se gepraat, eintlik niks sê behalwe dink- en nonsens woorde nie.

Ons taal is so ryk en beskrywend. Gooi gerus die onnadenkende woorde weg en vervang dit met kleurvolles. Verstaan jy?

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.51
+0.5%
Rand - Pond
23.23
-0.0%
Rand - Euro
19.94
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Platinum
966.10
0.0%
Palladium
950.00
0.0%
Goud
0.00
0.0%
Silwer
0.00
0.0%
Brent-ruolie
82.96
-0.9%
Top-40
70,300
+0.5%
Alle aandele
76,428
+0.5%
Hulpbronne 10
60,246
-0.2%
Industriële 25
107,200
+1.3%
Finansiële 15
16,554
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos