Vier Suid-Afrikaanse familielede kon verlede jaar Kroasië en Bosnië en Herzegowina op hul kluitklaplysies afmerk ná ’n onvergeetlike selfryvakansie in dié poskaartmooi Baltiese lande aan die Adriatiese See.
Vir Tertius en Anzel Jewaskiewitz en Zendré en Ewald Roets van Durbanville was die avontuur dubbel en dwars die moeite werd.
“Die dames (Anzel en Zendré is susters) wou nog al die jare Kroasië besoek het. Ná Anzel een van Michael Palin se reisreekse gesien het, is Mostar in Bosnië ook bygevoeg omdat dit redelik naby is,” vertel Tertius.