Dit gaan nie goed met Thys Streicher, wat in die volksmond as die “Bosveldklong” bekend staan, nie.
Dié geliefde Afrikaanse musikant, wat aan verspreide sklerose (MS) ly, is sowat drie weke gelede met ’n hoë koors en infeksietelling in die Dr. George Mukhari-hospitaal buite Pretoria opgeneem. Hy is ook vir septisemie behandel.
Streicher het in die hospitaal ’n beroerte gehad, maar dokters kon nog nie die skade daarna bepaal nie, het sy medekunstenaar, wat die verhoognaam LJ gebruik, Saterdag aan Netwerk24 gesê.