Die departement van water en sanitasie is besig om wysigings aan te bring aan die waterdienstewet sodat hy kan ingryp by plaaslike owerhede waar wetsoortredings begaan word en amptenare opdragte ignoreer.
So het Sean Phillips Dinsdag gesê toe die departement die tussentydse Blou-, Groen- en Geendruppelverslag bekend gestel het.
Uit dié verslae blyk dit daar is landwyd ’n afname in die gehalte van drinkwater, terwyl meer water weens lekkasies verlore gaan.