“Uitmuntende” leierskap, werkgehalte en dies meer sal volgens Eskom ’n maksimum van fase 2-beurtkrag dié winter meebring, maar kenners is baie skepties hieroor.
Eskom het Vrydag sy winterplan, vir die periode van 1 April tot 31 Augustus, ’n goeie maand te laat bekendgestel.
Met Vrydag wat die 31ste dag sonder beurtkrag is, was die bestuurspan vol vertroue daarin dat die regrukplan nou volhoubaar vrugte afwerp.