Deel

VERONICA VERTEL | Kom Rus’nBiki by Sitsitso

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie.
Foto: Getty Images

Dis vir my ’n groot lekkerte om by ’n kusdorp die name van vakansiehuise te lees. Die name is dikwels beduidend op aangename saamkuiers, familie-tradisies en ’n bietjie leeglê. Dis voorwaar ’n voorreg om ’n huisie by die see te kan hê.

Tydens verskillende plesierige reise op paaie deur Nature’s Valley, Bettiesbaai, Hermanus en ook op my nuwe tuisdorp Jeffreysbaai het ek al name gesien wat my sommer laat glo daar bly lekker mense.

As ek die name ‘Doppie’, ‘Gooi kole’, ‘Spys’ en ‘Oppie eish’ sien, dan weet ek sommer hier word gereeld en lékker gekuier. Dis ook dié huise wat lyk of mens maar met sand-voete daar kan inloop, en agteroor kan sit met ’n doppie. By ‘SonDondertjie’ kan jy raai wanneer is dié lotjie se gunsteling tyd van die dag.

Daar is heelwat te lees so tussen die lyne. Al te dikwels dui die see-huis se naam op jare se spaar en uiteindelik is die droomhuis by die see aangeskaf. ‘Retiro’, ‘Oortyd’, ‘Oupa Daan’ en ‘Sitsitso’ kan dalk al jare lank staan en ’n lieflike ruskansie vir vriende en familie bied. ‘Aftrekorder’ laat mens glimlag by die wete dat daar jare lank afbetaal is aan die wegbreekplek.

Party huise is so deftig – daar is selfs ’n hysbak, en dis duidelik dat geld hier gepraat het met die so-te-sê gemanikuurde tuin. Hier pas die naam ‘RoccaFella’ nogal. Soms kies mense name in ander tale wat mens kan laat kopkrap. ‘C’est ca’ is die Frans vir (losweg) ditsem! ‘Casa Mia’ is Italiaans vir ‘in my huis’.

‘Mi Casa’ is Spaans vir ‘my huis’. Die Spaanse woorde ‘Bella Vista’ is veral ’n gewilde naam vir strandhuise met ’n mooi uitsig. Vriende het ’n houthuis ’n straat weg van die strand af wat vindingryk ‘CasaPlanka’ heet – d.w.s ’n huis van planke..

Dan is daar dié gedoop met name wat beslis aandui dat dit ’n seehuis is. ‘Woelwaters’, ‘Landsend’, ‘Spatsels’ en die spitsdakhuis ‘Punt in die wind’ is van die skerpsinnige name. Die letter C is ’n treffer by heelwat name. ‘Teni C’, ‘CtheC’, ‘Ctoe’ en ‘VitamineC’ is van die pretname.

Ek hoor annerdag van die oulike naam ‘HeppieNes’. Ek kan my verbeel hoe mense in die nes by die see aande om kuier met stories, bordspeletjies en smullekker koekies saam met koffie en ’n vuurtjie wat brand.

‘Kardoesie’, ‘MakiSaki’, ‘Afsaal’, ‘Vetpret’ en ‘Stokkiesdraai’ wil mens sommer lus maak om agteroor te sit met voete omhoog, sonhoed op en uitgestrek met ’n lekker boek.

Daar is natuurlik heelwat Engelse huis-name ook. My gunsteling is ‘Southern Comfort’. Die idee hieraan voer my weg...Ek ruik sonbrandolie, voel die warm son op my vel, ervaar die gemak van ’n lê-stoel, hoor die geklots van die branders treë van my af, en smul aan ’n mengeldrankie in ’n lang glas met ys wat tinkel…

Oe, wag… daar’s werk om te doen, mense om te sien en plekke om heen te gaan. Maar ons kan mos almal droom….van ’n huisie waar ons lafenis kan kry, - of dit nou by die see is al dan nie. Jou huis is jou paleis.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.62
+0.9%
Rand - Pond
23.32
+0.7%
Rand - Euro
19.95
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.3%
Platinum
963.20
+1.8%
Palladium
955.50
-0.2%
Goud
2,318.80
+1.4%
Silwer
26.67
+1.5%
Brent-ruolie
86.33
-1.0%
Top-40
69,925
-0.7%
Alle aandele
76,076
-0.5%
Hulpbronne 10
61,271
-4.5%
Industriële 25
105,022
+0.4%
Finansiële 15
16,591
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos