Deel

‘Ons sê baie, baie dankie vir ons nuwe biblioteek’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is Rose Rayners (onderwyser), die trotse biblioteek-monitors Chelsea Mbalini, Danielle de Villiers, Murifah Scheepers, Jasmine Smith, Maxine Daniels, Raylin Joubert en Keylene Keyter, en Amy-Leigh Rademeyer (onderwyser).
Van links is Rose Rayners (onderwyser), die trotse biblioteek-monitors Chelsea Mbalini, Danielle de Villiers, Murifah Scheepers, Jasmine Smith, Maxine Daniels, Raylin Joubert en Keylene Keyter, en Amy-Leigh Rademeyer (onderwyser).
Foto: Anika de Beer

Despatch Primêre Skool sê ’n baie groot dankie vir die Nelson Mandelabaai-gemeenskap wat hul boekinsameling in 2023 ondersteun het.

Die skool het op 6 Februarie amptelik hulle eerste biblioteek, propvol boeke, se opening gevier. Die boekinsameling is verlede jaar van Maart tot November gehou en die terugvoering was oorweldigend.

“Die book drive was baie suksesvol. Ons het meer as 2 000 boeke ontvang en ons moes vir mense wat nog wou skenk vra om dit na skole te neem,” vertel Rose Rayners, die koördineerder van die biblioteek-komitee.

Hoewel die skool voorheen wel ’n klompie boeke gehad het, was dit redelik oud en nie gepas om die leerders te help met hul skoolwerk nie. Dit is toe dat die biblioteek-komitee – bestaande uit onderwysers Rose Rayners, Lillian Terblanche, Ozelthea Williams, Amy-Leigh Rademeyer, Georgie-Ann Potgieter, Madré de Ridder en Carla Ferreira – die boekinsameling begin het.

“Ons het probeer om dit gemaklik te maak vir die kinders en ’n mooi omgewing vir hulle te skep,” sê Rayners.

Alles in die biblioteek is geskenk. Selfs die vrolike versierings is moontlik gemaak deur die graad 7-klas van 2023 wat ’n gedeelte van hulle entrepreneursdag fondse vir die projek geskenk het.

Die biblioteek sal vir die res van hierdie kwartaal op ’n Dinsdag en Donderdag ná skool oop wees vir die leerders.

“Op die oomblik kan ons net 40 akkommodeer in die biblioteek en ons het 1 000 leerders by die skool. Ons wil graag sien hoe die belangstelling is en of ons sal moet uitbrei, meer tafels inbring, en dalk ’n groter mat kry.”

Die tien biblioteek-monitors is ook baie opgewonde om byderhand te wees op die dae wat hulle aan diens is.

Vir meer inligting of om die skool se biblioteek verder te ondersteun met skenkings, kontak Rose Rayners by 081 498 4915 of sharleendacosta@gmail.com.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Japan 0
Mangolia 0
Rand - Dollar
18.56
+0.1%
Rand - Pond
23.16
+0.3%
Rand - Euro
19.93
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Platinum
979.70
+0.3%
Palladium
951.80
-0.5%
Goud
2,312.38
+0.2%
Silwer
27.62
+1.1%
Brent-ruolie
83.58
+0.5%
Top-40
70,982
+0.1%
Alle aandele
77,231
+0.1%
Hulpbronne 10
60,702
-0.3%
Industriële 25
108,117
+0.5%
Finansiële 15
16,743
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos