Ná meer as drie weke waarin die land die duisternis kon afweer met meer as net braaivleisvure, is die vraag op siniese Suid-Afrikaners se lippe: “Hoe dan nou?”
Woensdag was die 21ste kalenderdag waarop geen beurtkrag toegepas is nie.
Dit is die langste tydperk sonder enige beurtkrag sedert 10 April 2022, toe daar 27 dae aaneen geen beurtkrag toegepas is nie.