Deel

VERONICA VERTEL | My kosbare regterhand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie.
Foto: iStock

Die een groot rede wat my verhuising na Jeffreysbaai vertraag het, was dat ek van my regterhand, Monki Priscilla Anthony sou moes afskeid neem.

Ek kon myself nie voorstel sonder haar nie. Sy was vir meer as dertig jaar my en die gesin se anker en staatmaker.

Ons twee is ewe oud, en genadig het die lewe so uitgewerk dat ons tot aftree-ouderdom kon saam wees. Monki het vroeër by vriendin Esmé gewerk op Despatch. Hier het sy die huishouding behartig en die kinders grootgemaak. Dit was met hulle verhuising Gqeberha toe dat my en Monki se paaie gekruis het.

My hart loop oor van dankbaarheid vir die vrou sonder wie ek nie die mas sou opkom as werkende enkelouer nie. Sy was nooit laat nie…al was daar busstakings, het sy plan gemaak en met ‘die kleinkarretjie’ kom werk. Ons is saam deur ’n leeftyd se gebeurtenisse, en sy het presies geweet hoe om my te troos – met ’n koppie tee soos net sy dit kon maak. Sy het die hele familie en vriendekring geken.

Sy het my Erika-kind grootgemaak van laerskooltyd af. Toe kom Yolanda en sy maak die besige rooikoppie op haar rug groot, ken haar streke en sorg altyd dat sy haar slaapbersie het. Toe kom die kerriekopkind – ’n woelige rooikop seuntjie. Hy draai haar om sy pinkie.

Maar Monki weet hoe om die klong te hanteer. Sy noem hom steeds Meneertjie. Wanneer hy nog soggens geslaap het as ek haastig vertrek het werk toe en daar nie tyd was om hom ’n lipstiffiesoentjie op die wang te gee nie, het Monki met haar vinger lipstiffiemerkies gemaak – anders was hy omgekrap.

Ek het nog nooit weer iemand ontmoet wat so aansteeklik lag soos dié Xhosa vrou nie. My kerriekopkind het al gesê as Monki lag, dan lui die klokke in die hemel.

Maar ons kan vreeslik lekker saam huil. Veral die tyd toe Yolanda oorlede is in ons groot motorbotsing, ek maande lank in ’n rolstoel was, en Erika en haar pa ook gesukkel het beserings.

Monki het die hele huishouding aan die gang gehou. Toe ek alleenouer word, was sy my grootste steunpilaar. Sy het my staande gehou.

Net so het ons saam getreur toe sy ernstige brandwonde opgedoen het by haar huis en sy maande lank in die hospitaal was. Dit was toe my beurt om haar te ondersteun.

Ons het mekaar gehelp om kinders deur die skool te kry. Toe haar seun ‘bos’ toe is, het ek vir haar ’n uitrusting gemaak vir sy tuiskoms, en sy het nie omgegee dat ek knoei nie. Ons lewens was so verweef.

Mettertyd het sy, soos ek, gesukkel met bloeddruk. Ek het haar aangemoedig om maar bietjie te lê of te sit as sy sleg voel - soos ek sou wou. Sy was ek, en ek was sy.

Jare gelede het ek gaan stilstaan toe ek die eerste keer Koos Kombuis se liedjie oor Katie hoor. Sy, net soos Monki, was nie net die huishoudster nie, maar my vertroueling en my kinders se ma.

Nou gaan drink ons twee afgetredenes so nou en dan tee in die dorp en vertel hoe mis ons mekaar.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pond
23.43
-0.0%
Rand - Euro
20.08
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.25
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Platinum
924.10
0.0%
Palladium
959.00
0.0%
Goud
2,337.68
0.0%
Silwer
27.19
-0.0%
Brent-ruolie
89.50
+0.6%
Top-40
69,358
+1.3%
Alle aandele
75,371
+1.4%
Hulpbronne 10
62,363
+0.4%
Industriële 25
103,903
+1.3%
Finansiële 15
16,161
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos